Akbar die Grote

Akbar die Grote
3de Mogolkeiser
Portret van Akbar die Grote
Dinastie Timoeriede
Bewind 11 Februarie 155627 Oktober 1605[1][2]
Kroning 14 Februarie 1556[1]
Volle naam Abu'l-Fath Jalal ud-din Muhammad Akbar
Gebore (1542-10-15)15 Oktober 1542
Gesterf 27 Oktober 1605 (op 63)
Fatehpur Sikri, Agra
Sikandra, Agra
Voorganger Humayun
Opvolger Jahangir
Gade Mariam-uz-Zamani[3]
Ruqaiya Sultan Begum
Salima Sultan Begum
Begum Raj Kanwari Bai
Begum Nathi Bai
Qismiyah Banu Begum
Bibi Daulat Shad Begum
Raziya Sultan Begum
Kinders Hassan
Hussain
Jahangir
Murad
Daniyal
Aram Banu Begum
Shakr-un-Nissa Begum
Shahzadi Khanum
Vader Humayun
Moeder Hamida Banu Begum[4]

Abu'l-Fath Jalal ud-din Muhammad Akbar (14 Oktober 1542 – 27 Oktober 1605, Oerdoe: جلال الدین اکبر), Akbar I, of Akbar die Grote (Oerdoe: اکبر اعظم Akbar-e-Azam) was een van die mees bekende 16de-eeuse Mogolheersers van Indië. Hy het vir ongeveer 'n halwe eeu geregeer. Voordat hy oorlede is, het hy 'n groot en stabiele Mogolryk in Indië gevestig. Hy was 'n seldsame kulturele, artistieke en politieke sintetiseerder. In weerwil van Moslemitiese ortodoksie, het hy met Hindoevroue getrou. Hindoe's is ook deur hom in sy hofstelsel as ministers aangestel. Hy was die eerste Mogol wat vroeë Christelike sendelinge in sy hof uitgenooi het. Hy het verdraagsaamheid, pluralisme en vrede tussen Islam, Hindoeïsme en Zoroastrisme bevorder. Hy het ook 'n nuwe Mogolse skool van kuns ontwikkel: 'n kuns van werklike en lewende temas, delikate uitvoering en verrassende kleur wat vroeë Hindoeïstiese en Persiese style gekombineer het.[5]

  1. 1,0 1,1 (en) Eraly, Abraham (2004). The Mughal Throne: The Saga of India's Great Emperors. Phoenix. pp. 115, 116. ISBN 9780753817582.
  2. "Akbar (Mughal emperor)" (in Engels). Encyclopedia Britannica Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2009. Besoek op 18 Januarie 2013.
  3. (en) Metcalf, Barbara, Thomas (2006). A Concise History of Modern India. Cambridge University Press. p. 17. ISBN 978-0-521-86362-9.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. (en) "Google Images". Google.com.pk. Besoek op 18 Januarie 2014.
  5. William K Stevens, Indian Ruler's Legacy on view in Philadelphia, New York Times, 2 Februarie 1986

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy